Die sanger, liedjieskrywer en gewese lid van Ons lieflinge, Rudi Claase, is vanoggend in die Hooggeregshof in Pretoria geskei van sy man en gewese musiekpromotor, Stephen Stewart. Hulle was drie en ’n halfjaar getroud.
“Ek is verlig dat hierdie saak nou afgehandel is en wens Rudi alle sukses en geluk toe met sy loopbaan; ek weet hy sal nog groot hoogtes bereik. Ek voel jammer dat ons paadjies so moes skei,” sê Stephen.
Stephen het reeds vroeg vanjaar hul woning op die Mooikloof-landgoed verlaat en woon nou in Johannesburg waar hy konsentreer op sy maatskappy, Stephen Stewart Enterprises.
Hy is bekend vir sy bemarking van kunstenaars soos Rudi en Corlea, Rina Hugo, Manuel Escorcio, Izak Davel en Juanita du Plessis.
Rudi is glo tans besig om ’n nuwe CD saam met nog bekende sangers op te neem.
Deel met ons: stuur vir ons 'n e-pos byweb@huisgenoot.com, of gesels saam opFacebook of Twitter.
x
Resepte
Genoeg vir 6 mense “Min mense het nog nie van hierdie resep gehoor nie – maar baie het nog nie die moed gehad om dit te probeer nie.” 3-4 knoffelkoppe (sowat 40 huisies) 1 stewige…
Lees hierdie
-
LivingInBeira
I value good relationships with people that cross my path. There are few things I enjoy more than spending quality time with quality people. A good wine (white or red) and some... Vind ons op Facebook
Pasmaats
© Media24. Alle regte voorbehou.