More Maandag.
Hierdie week gaan baie bepaal. Soveel keuses, belangrike keuses.
Dammit die koerante kan lieg...die foon lui: "Is dit Stephen? ek sê ja, waarmee kan ek help...Dis is Sondag en voor ek my kry toe knoop ek woorde wat ek nie eers geweet het bestaan nie. My ma se altyd, voor jy iets vir iemand sê sit 'n wag voor jou mond en vra die Here om jou die deur van jou lippe te bewaar. (Ja Ma,)
Die Media, of eerder die ploeter leun koerant is gegrondslag op Hoorsê en daar bestaan nie 'n wet in Suid Afrika wat Media belet om hoorsê te publiseer nie. Ek het by 'n joernalisvried gehoor dat daar tog wetlike aksies in werking kom wat ons mense wat nie 'n regverdige opinielewering gebied word nie sal kan beskerm.
Die media het my vandag gekontak oor 'n opvolg mbt Sondag koerant se bewerings oor prostitute wat op die Mooikloof landgoed kom kuier het. Ai, ek het nog nooit betaal vir seks nie. So desperaat was ek nog nie. Hulle beweer ook dat ons steeds dwelms gebruik. As mens iets herken en aan Sondag sê dat dit iets van die verlede is, sal hulle altyd die einste: Hoorsê toepas wat hulle so ongewild maak wat hulle reeds is.
Lank voor ek verkeerde keuses gemaak het, was ek eintlik redelik ordentlik...soos hieronder saam my hart se punt paar jaar terug by die see...
My hart is so klein en telkemale vergewe ek die mense wat my/ons tena kom en daarvolgends is hierdie prentjie so gepas...
No comments:
Post a Comment