Wednesday, 24 July 2013

Media Leuns...vervolg!

Hi Julle,

Baie dankie vir julle support met my blog. 



Sondag is weer op ons rug en die arme goed is so frustreerd omdat ons besluit het om nie meer op hulle bedrieglike versoeke reageer nie...dus, publiseer hulle nou al uittreksels uit my blog sodat dit lyk asof ek self met hulle praat.  Hou skelm is dit?

Hier is hulle leun weergawe van die week:

Sondag:

Met sy Bybel onder die arm en die duiwel in sy gat het Stephen Stewart, dis nou Rudi Claase se eggenoot, plegtig belowe dat hulle die waarheid sal praat in ’n eksklusiewe onderhoud met Sondag.
Die twee het egter weer besluit om met die waarheid te speel en bewys dat hulle eerder glad nie vertrou moet word nie.
 
LEUN: Ons het nie bewys dat ons nie vertrou kan word nie maar ons voorwaarde was, indien hulle sal begin om feite en waarhede te publiseer sal ons met hulle gesels wat nie die geval is nie.  My sms aan Estene (Die leun-Joernalis) is as volg: "Ons het besluit om nie met julle te praat nie omdat julle lieg.  Gaan kry julle koerante wat nie verkoop nie en steek julself saam met dit aan die brand want julle is gebou op leuns."
 
Die publisiteitsfoefie wat hulle verlede week op ’n gesinstydskrif getrek het, het hulle behoorlik aan die gat gehap nadat verskeie bronne bekendgemaak het dat die liegstories waarmee hulle simpatie gesoek het, onsin is. LEUN: Dis waarom Huisgenoot die grootste gesinstydskrif is want hulle maak seker wat hulle publiseer feitlik en korrek is.
 
 
“Die feit bly staan dat hulle, oornag, soos twee groot spelde uit die Mooi-kloof-landgoed verdwyn het, met al hulle aardse besittings, sonder om die agterstallige huur van R130 000 en ’n water- en ligterekening van R100 000 te betaal,” LEUN, Ek het in my vorige blogpost geskryf hieroor en hulle het hulle weergawe net weer publiseer.  Ek het die hoof van Tswane se Nommer aan hulle gegee maar hulle het hom nooit gekontak om bogenoemde te staaf nie.
 
vertel ’n bron wat baie naby aan die twee beweeg. Trouens het hierdie persoon al telkemale probeer om die twee se gatte te red as hulle finansiële moeilikheid het. LEUN: Maak asb hierdie bron bekend.
 
-------------------
 
Ek sal volgende week bietjie die topic verander want "sondag" - strontdag gaan nie meer Publisiteit op my blog kry nie ;-) haha
 
 
Groete,
 
S XX

No comments:

Post a Comment