Sunday, 14 July 2013

Sondag is strontdag

Hi Julle,

Wat 'n week...

In verlede week se "leun-toiletpapier-koerant" Sondag het 'n wannabe Joernalis die volgende gebraak, my reaksie op haar berig is in rooi.

Sondag berig:

KNIEDIEP IN KNYP EN WEG
By  - 10/07/2013

Die sanger Rudi Claase en sy man Stephen Stewart het glo Maandagaand soos twee BOEWE in die NAG hul goeters gepak en VERDWYN sonder om ’n sent te betaal vir hul uitstaande huur! Leun: Ek is alreeds 31 Mei nie meer woonagtig by ons Mooikloof woning nie.  Rudi bly meer as twee weke in sy praghuis in Montana aangesien ons besig is om te skei. Ek sal meer hieroor uitbrei in my volgende blog. (www.huisgenoot.com)
Rudi het klaarblyklik vergeet dat sy bakkies wyd en syd berug en bekend is en dat hy en sy lover waarskynlik nie lank ongesiens sal bly nie. Ons besef dat Rudi 'n bekende figuur is daarvolgends verskyn ons gereeld in daardie gemors koerant omdat hulle nie koerante kan verkoop sonder opmaak stories van ons nie.

Rudi en Stephen het aanvanklik vreeslik gebrag dat hulle die spoghuis in die Mooikloof-landgoed in Pretoria-Oos gekoop het, maar eintlik het hulle net die plek gehuur by ’n Suid-Afrikaner, Pradeep Kumar. LEUN: Ek dra geen kennis hiervan nie, werk Pradeep nie dalk vir Sondag nie...hahaha
Kumar werk in die buiteland en het nou die prokureurs opdrag gegee om teen die twee SKARMINKELS op te tree. LEUN: Ek en/of Rudi is nooit hiervan ingelig nie.

Sondag kan vandag bevestig dat die twee nou soek is nadat hulle versuim het om die agterstallige huur van R130 000 en ’n water- en ligte-rekening van R100 000 te betaal! LEUN: SONDAG, hoe kan julle so lieg? By die water en Ligte kantoor in Pretoriusstraat, Pretoria werk Leon Lessing.  Ek het die kontak vir Sondag deur gegee.  Hy sal bevestig dat daar geen agterstallige rekening is nie.

Die eienaar se prokureur, Yolandie Breytenbach, het aan Sondag gesê sy mag nie met Sondag oor die aangeleentheid praat nie, maar sy kon nie ontken dat dit wel die geval is nie.
“Nee, ek kan dit nie ontken nie, al wat ek mag sê is ‘geen kommentaar’,” sê sy. LEUN: Ek het nog nooit van 'n Yolandie gehoor nie. Yolandie, sal jy my asb kontak, ek wil hoor of jy bestaan: My nommer: 082 596 5759

’n Ander bron, wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly, het onthul: “Ek kan julle vandag meedeel dat die ‘geliefde Rudi’ en Stephen oornag soos skelms met al hulle goed uit die huis gevlug het.” LEUN: Sondag, dis julle ou trick in die boek...om 'n "bron" wat nie bestaan nie te "misbruik" want as die bron kredietwaardig was en bestaan het, en julle (SONDAG) FEITE gehad het, sou julle weet ek is alreeds 31 Mei weg uit Mooikloof.

EN dis glo nie die enigste skuld wat die twee versuim het om te betaal nie!
“Die prokureur het ons meegedeel dat daar baie mense is wat hulle bloed soek,” sê hy.
Dis nie die eerste keer dat Rudi en Stephen aanjaag op die gesogte landgoed nie. Inwoners het in Maart vanjaar ’n petisie opgestel sodat die twee uitgeskop kon word. LEUN: Voorsien my 'n afskrif van so petisie want dis die eerste "opgemaakte-nuus" wat ek hiervan hoor.  As iemand ons bloed sou soek, sal dit slegs die SA Bloedbank kan wees wat tans 'n groot tekort het aan mense se bloed.

2 comments:

  1. Hi Stephen,

    Ja nee Sondag is 'n belaglike klomp snert. Wie kan koerant ernstig vat wat kaal vrouens in het. Die mense moet kerk toe gaan.

    Groete
    Vicky

    ReplyDelete
  2. Stephen,

    Dankie tog iemand staan teen die klomp belaglike media op. Hulle moet deure toe maak Sondag. Wie kan vir so siek koerant werk.

    ReplyDelete