Hi Julle,
Ek lees so deur die blog toe besef ek weereens hoé gebless ek is met die perfekte nuwe lewe, sonder media en Brompot Barnard.
Ek besef dat ek in 2014 laas na Afrikaanse Musiek geluister het, en ek moet eerlik sê dat ek dit nie mis nie. Nie omdat ek nie daarvan hou nie maar omdat ek aan die bitter verlede dink toe die media nog die laaste sê oor my kon spoeg.
Ek is verlede week genader vir 'n onderhoud in 'n tydskrif en was my beste oomlik, my reaksie: "Nee dankie, ek geniet 'n perfekte lewe, media-loos" die joernalis was so geskok en ek was so rustig in my hart toe ek die foon neersit. (Nie weer gaan die 'Suid Afrikaanse' media die kans kry om my te 'pompaai' of eensydig te publisseer nie)
Ek het die beste vriende, mooiste huis, kontant-lewe, familie van bó en 'n oprégte verhouding met die enigste God.
Dankie vir almal wat my ontmoet en sê: "jy is totally die teenoorgestelde persoon as wat die media jou gemaak het."
Blessed naweek aan almal...xxx
Stevie...
Amen! Trots op jy en lewe jou lewe voluit God Bless Groete Leroi
ReplyDeleteAhhhh dankie en blessings vir jou en jou geliefdes...
ReplyDelete